As jy ‘n tiener is, tussen graad 7 en 11, dan is DieSel by Rant en Dal Gemeenskapskerk die plek vir jou! DieSel is ons tienerbediening en hier gee ons vir jou genoeg diesel en genoeg woema om te kan leef as ‘n Christen. Ons leer mekaar ken en kry die Here lief terwyl ons baie pret het.

Kontak gerus vir ds Wimpie of Stain by 011 665 2017 indien jy belangstel om in te skakel.

DieSel bestaan uit:
Diesel 1 Diesel 2

DieSel Connect
Sondagaande gebeur hier groot dinge by die gemeente. Ons skop 18:00 ons af die Connect Service wat lekker informeel en baie pret is. Dis ‘n erediens vir oud en jonk waar ons awesome lofprysing doen saam die Ignite band wat bestaan uit jong en baie goeie musikante.

Direk na die Connect Service begin die DieSel Connect mentorgroepe. Hier kuier jongmense tussen graad 7-11 in hul klasse oor die tema wat pas tydens die preek hanteer is. Hier is ‘n groep vir elke graad 7-11 seun en dogter. Die groepe word gelei deur awesome en funky mentors wat mal is oor tieners en hulle met baie passie en entoesiasme bedien.

Ouers word aangemoedig om die Connect Service saam met hulle kinders by te woon en na die tyd ‘n heerlike koppie koffie te drink terwyl hulle vir hul kinders wag. Ouers en tieners wat meer inligting benodig kan vir ds. Wimpie epos by wimpie@rantendalkerk.co.za

DieSel Refueled
As die week te lank is en skool raak te veel, is DieSel Refueled op Donderdagaande 19:00 die plek om jou vere reg te skud. Hier kan jy lekker kuier saam met ander jong mense vir ‘n mid-week refeuling.

Stian, ons baie bekwame teologie student en jeugwerker, neem die leiding, terwyl jong mense mekaar bedien. Ons kuier nie net saam nie – ons hou gereeld uitreike om die gemeenskap te bedien en saam ‘n verskil maak.