Dixon Kidz is die kinderbediening van Rant en Dal Prisma. Hier streef ons daarna om kinders te leer hoe om Jesus se hande en voete op aarde te wees, deur middel van “worship”, opwindende, kurrikulums vir elke ouderdoms- groep, speel en baie pret.
Dixon Kidz vind tydens oggendienste plaas om 08:30 gedurende skoolkwartale.
Dixon Kidz bestaan uit 5 Bedieninge:
Baba Peuter Kleuter Junior Seniors

Babas
Dixon Kidz glo ons dat kinders van alle ouderdomme ‘n plekkie moet hê waar hulle deel van die gemeente kan wees. Selfs al dra hulle nog doek en drink nog net melk.

Ons bababediening is gerig op kinders tussen 0-24 maande en vind plaas elke Sondag gedurende skoolkwartale. Ons babakamer is ingerig spesiaal vir hierdie ouderdomsgroep met sagte speelgoed, boekies, ‘n televisie en selfs ‘n bababed. Kinders wat hier ingeskakel het, pas ook makliker aan by die peuterklas wanneer hulle op 2 jaar oorskuif soontoe.
Maak gebruik van hierdie bediening om rustig die erediens by te woon terwyl mammas wat presies weet hoe om ‘n kleinding besig te hou, jou spesiale bondeltjie vertroetel.
Kom kuier gerus in die babakamer by die ingang van die hoofgebou aan die parkeerterrein se kant en ontmoet die babahelpers.

Die Peuters tot en met die Seniors volg almal Kurrikulums van Kidsxpress. Die kurrikulums is ontwerp om kinders deur die loop van ongeveer 10 jaar van kinderkerktyd ‘n vaste fondasie vir hul geloof en verhouding met Jesus te gee.

Peuters
Die Peuterfase is die intrapslag tot kinderkerk. Hier kry 2-3 jariges die geleentheid om meer van hulself te leer, met die wete dat God eintlik aan die staanspoor van dinge is. Hierdie ouderdomsgroep is nog baie klein en die eenvoudige bewusmaking van God, en Jesus is die fokus. Die wikelwurm kurrikulum met bak en brou, musiek en speel word hier gebruik.

Kleuters
Die Kleuter kurrikulum werk op ‘n drie jaar siklus. Aan die einde van hierdie 3 jaar behoort kleuters die basiese beginsels van die Evangelie, geloofsgroei en die Bybel te kon bemeester. Hierdie drie jaar lê die fondasie vir ‘n dieper studie van die Bybel. Deur middel van 3 wonderlike kurrikulums naamlik Verkleurmannetjies, Dapper stappers en Groei goggas, ontdek die kleuters die wêreld van die Bybel deur kuns, musiek en speel.

Juniors (Graad 1-3)
Gr 1- 3 is ‘n opwindende tyd van leer vir enige kind. Dieselfde geld by Dixon Kidz. Teen die tyd wat hierdie 3 jaar siklus voltooi is by Dixon Kidz behoort Gr 1-3 kinders te weet en te verstaan dat Jesus, God, die Bybel en alles wat daarmee saamgaan, nou, en hier op my van toepassing is. Ons kyk na bekende Bybelkarakters en volg dit op met die Ultimate Karakter… Jesus. Hulle sal Hom leer ken en groei as kinders van God.

Seniors (Graad 4-6: Drie Jaar siklus)
Aan die einde van hierdie 3 jaar siklus kom kinders ook aan die einde van hul kinderkerk tydperk. In hierdie 3 jaar siklus sal kinders voortbou op hul kennis van God, Jesus en die Bybel wat hul reeds van Peuterdae af geleer is. Hulle sal leer wat hul identiteit in God is, hoe hulle daardie indentiteit in die Christen-wedloop kan uitleef en hoe om die Bybel te gebruik om ons te help op hierdie wedloop.