GHOLFDAG – 17 APRIL 2018

Rant en Dal Prisma bied op 17 April 2018 hul jaarlikse Gholfdag aan by Krugersdorp Gholfklub. Die baan is in ‘n besondere mooi toestand en alle gholfspelers kan ‘n heerlike dag se spel saam met vriende òf kollegas kom geniet. Om ‘n dag opsy te sit om in die Koninkryk te saai is dalk net wat u nodig het.

U kan op op enige van die volgende wyses betrokke raak by hierdie spesiale dag:

Speel saam!

Formaat: “Better Ball Stableford”, Shotgun start 11:00
Koste: R 1 800 per 4-bal. (Sluit halfweg en aandete in)
Bespreek by: Solly – 083 400 8000     |     Antoinette – 083 630 9101

Gholfkarretjies kan by die klub bespreek word – 011 660-4365/6

 

Borgskap

HOOFBORG – Koste en terme onderhandelbaar. As hoofborg bied ons u die geleentheid om u handelsmerk en/of produk ten toon te stel op alle bemarkingsmateriaal, asook ingangsarea en oefensetperk tydens die dag.

Algemene Borge – R300.

Eksklusiewe Borge – R1,800 per putjie – Eksklusiewe gebruik van bof.
Eerste Bof – R3,500 – Eksklusiewe gebruik van bof

 

Pryse & Donasies

Ons wil baie graag goeie pryse beskikbaar stel en verwelkom enige items wat as pryse gebruik kan word. Dit sal waardeer word indien u dalk 2 van dieselfde pryse kan skenk.

 

Ons verwelkom ook enige kontant donasies.

 

Indien u op enige van bogenoemde wyses betrokke wil raak, vra ons vriendelik dat u die aangehegde vorm voltooi en aan ons terugbesorg by:

Per Epos – drienie@rantendalprisma.co.za

 

Vir enige navrae kan u enige van die volgende persone skakel.

Solly: 083 400 8000      |     Antoinette: 083 630 9101