5-7 April by Weaver’s Roost Resort

Baie dankie vir jou belangstelling in die Prisma Kuierkamp 2018!!

Soos die naam aandui, is die doel van die kamp om sommer net baie lekker saam te kuier en mense wat jy gereeld by die kerk sien, op ‘n heel ander manier te leer ken!! Daar enkele aktiwiteite waaraan ons julle aanmoedig om deel te neem en dit gaan weer baie pret wees

Daar is verskeie akkommodasie opsies beskikbaar vir die mense wat graag wil saamgaan, maar nie hul eie kamptoerusting het nie.  Daar is verskeie chalets en houthuise beskikbaar.

Ons neem weer vrymoedigheid om te vra dat julle 2 sakkies hout saambring vir ons braai Saterdagaand en ons kampvuur-kuiers!  Onthou, elkeen is verantwoordelik vir eie etes, verversings en drinkgoed. 

Die oord is bespreek net vir ons, so daar sal geen ander kampeerders wees nie.  Ons nooi vanjaar ook dagbesoekers uit om Saterdag en/of Sondag by ons aan te sluit!!  Weaver’s Roost is net 25 km van die kerk af, so dit is sommer lekker naby om vir die dag saam te kom kuier!!  Dagbesoekers word versoek om met aankoms by die kantoor van Weaver’s Roost aan te meld en te betaal!

Om voorsiening te maak vir diverse uitgawes, vra ons ‘n kampfooi van R50 per persoon vir kampeerders en R20 per persoon vir dagbesoekers (Saterdag).

Registreer vir die kuierkamp by www.rantendalprisma.co.za

Om jou bespreking te verseker, word 50% deposito benodig.  Dit werk op ‘n “first come, first serve” basis, so moenie te lank wag om te bespreek nie!!!  Kort nadat jy geregistreer het, sal jy bevestiging ontvang of jou akkommodasie opsie nog beskikbaar is, asook van die totale koste.  Moet asb geen betaling doen alvorens jy nie bevestiging ontvang het nie!!Alle fooie moet ten volle betaal wees teen 29 Maart 2019.  Let asb daarop gaan geen besprekings direk by Weaver’s Roost gedoen moet word nie. 

Sluitingsdatum vir registrasie:  15 Maart 2019

Vir enige navrae, kontak gerus vir Lizáhn by 011 665 2017 of lizahn@rantendalprisma.co.za