Gasvryheid

Ons is ʼn vriendelike gemeente. Almal is welkom. Ons sluit niemand uit nie omdat God niemand uitsluit nie. Diep bewus van ons eie kleinheid en geneigdheid tot die verkeerde stel ons onsself nie teenoor ander mense op nie. Ons verwelkom enige persoon wat na God soek. Ons bly soekers na God vir solank as wat ons lewe. Ons keer die paradigma van bely voor jy kan behoort om na insluiting sodat jy die Here kan leer ken en kan bely. Bekering is die aanvanklike en daaglikse vrug van ʼn lewe saam met Jesus.