Waarom Huisgeloof?

 

Wanneer gemeentes nadink oor jeugbediening, is dit onmoontlik om die jeugbediening los te maak van die huishoudings waaruit die jongmense kom. Dit is ook onmoontlik vir ’n jeugbediening om alleen verantwoordelikheid te neem vir die geloofsontwikkeling van kinders. Buiten dat dit onmoontlik is, lê ’n Bybelse verstaan van geloofsontwikkeling die verantwoordelikheid daarvan juis by die voete van ouers. Huisgeloof is nie die tradisionele Bybellees en bid by die eetkamertafel na aandete nie. Dit is ‘n vars, nuwe uitkyk op hoe geloof by huise gevorm word en hoe God in die alledaagse raakgesien word. Om ons ouers by te staan met hul doopbelofte, plaas ons hulpbronne op ons Facebookblad en webtuiste.

Dit sal julle help om nodige gesprekke te ontlok en op ‘n informele wyse saam te gesels oor God en oor geloof.

 

Prisma Huisgeloof is hier om jou te help groei in hierdie Jesus storie!