Liewe gemeente,

Na deeglike oorweging van die land se stygende COVID-gevalle en die President se onlangse toespraak, voel ons genoodsaak om ons gemeentelede se veiligheid in ag te neem en sodoende ook ‘n voorbeeld te stel.

Die Bestuursraad het besluit dat die kerkgebou gesluit word en geen verdere erediens byeenkomste sal plaasvind nie. Hierdie besluit sal later in Januarie heroorweeg word.

Wat die res van die eredienste betref, gaan dit aanlyn op ons Facebookblad en op YouTube beskikbaar wees – soos wat dit gedurende die streng inperking was.