Ons benodig jou hulp!

Die huidige vlaag COVID-19-gevalle het mediese dienste oral in Suid-Afrika onder groot druk geplaas. Rant en Dal Prisma wil graag ons waardering teenoor gesondheidsorgpersoneel in ons omgewing bewys en hulle bemoedig en ondersteun in hierdie moeilike tyd.

Ons gaan aanvanklik fokus op die verskaffing van ondersteuningspakkies aan soveel moontlik verpleegpersoneel in Krugersdorp. Ons nooi jou uit om deel te wees van hierdie inisiatief. 

Die waarde van só ’n pakkie is ongeveer R150 en sluit die volgende in:

  • ‘n Tydskrif; 
  • ’n Bottel water;
  • ’n Lekkerny, soos energiestafies, koekies of sjokolade.
  • Cappuccino- of warmsjokolade -sakkies is ook welkom;
  • Voetroom of -jel;
  • ’n Teksvers/gebed;
  • ’n Bemoedigende boodskap of bedankingsbriefie.

Alles moet asseblief verseël wees  in oorspronklike verpakking soos aangekoop en in ’n deurskynende plastieksakkie wat ook kan seël, verpak word (vir sanitasiedoeleindes). Diegene wat self pakkies wil opmaak of los items wil skenk, kan dit op weeksdae tussen 09:00 en 11:00 by die kerkkantoor kom afgee.

Sakeondernemings wat graag items in grootmaat vir die ondersteuningspakkies wil skenk, is baie welkom om die artikels ook by kerkkantoor te besorg of te skakel om reëlings te tref.

Donasies vir hierdie doel kan ook gemaak word:
Mogale Upliftment Foundation
ABSA Rekeningnommer 4077878767
Verwysing:  COVID Medies

(Stuur asb die bewys van betaling aan Lizáhn)